News

Boet, betaal of boei

- kyk wie's agter tralies

Vrystaat Versorging in Aksie se jaarlikse , Boet, Betaal of Boei word op Saterdag 3 Desember om 10:00 by AB’s Pub gehou.
Of jy té vroeg opgedaag het vir die rugby, nie jou skulderkenningsboete betyds betaal het nie – of wat ookal jou oortreding – jy kan seker wees voor dié regbank staan beskuldigdes skuldig vir ‘n goeie saak., want dié prettige fondsinsameling wat elke jaar die koppe laat draai, die tonge aan die praat hou, en die lagspiere oefen, help om die finansiële druk op VVA Parys te help verlig met ‘n gemeenskap se harte en beursies wat oop is vir die nood van ander. Al die fondse wat met die projek ingesamel word, word weer gebruik om hulle in nood in die gemeenskap te help.
As jy wil deelneem of vrae het oor die dag skakel Minharde by 073 246 6221, of stuur e-pos na vvaparys@telkomsa.net.
Onthou ook VVA se Charity Event gholfdag by die Parys Golf & Country Estate op Woensdag 30 November.
Shotgun Start is om 10:00.
Die spelfomaat is ‘n ‘Better Ball’. Besprekings kan by die Golf Pro Shop gedoen word by 056 818 1567 of stuur e-pos na proshop@parysestate.co.za

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button