News

Swak toestand by dié hospitaal laat 3 029 pasiënte op operasies wag

"Chirurge doen die beste wat hulle kan in swak werksomstandighede maar dit is absoluut onmenslik dat pasiënte aan sulke lang wagtye blootgestel moet word," sê Bloom

VANDERBIJLPARK. – Gazette se susterskoerant, Vaalweekblad, ontvang byna daagliks versoeke van pasiënte of hul familielede wat om hulp pleit sodat noodsaaklike operasies by ‘n staatshospitaal uitgevoer kan word. Ander smeek vir geldelike bystand sodat ‘n staatspasiënt na ‘n private hospitaal oorgeplaas kan word om daar chirurgie te ondergaan.

Die hartverskeurende feit is dat min van dié pasiënte betyds gehelp sal kan word en soos tientalle voor hulle, blywende mediese probleme sal oorhou weens ‘n gebrek aan tydige hulp. Volgens Jack Bloom, DA-Gauteng se skadu-LUR vir Gesondheid, is daar tans inderdaad 3 029 pasiënte wat op noodsaaklike operasies in die Sebokeng-hospitaal wag.

Uit inligting wat hy amptelik van die Gautengse LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, ontvang het, blyk dit dat 2 250 katarakpasiënte al 9 maande op operasies wag; 133 urologie-pasiënte wag al 9 maande en 52 ortopedie-pasiënte al twee maande om geopereer te word. 544 pasiënte wat heup- en kniegewrigchirurgie benodig, wag al drie jaar of langer.

Nie-funksionerende operasieteaters, beurtkrag en linnetekorte word onder meer geblameer vir dié skokkende stand van sake by die Sebokeng-hospitaal.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button