News

Facebook-plasing oor liggaam in rivier: Geen verdrinking aangemeld nie

So moet jy maak om hulp te ontbieD

Na aanleiding van ‘n Facebook-plasing wat gister, Dinsdag15 November op Parys Nuus & Inligting verskyn het oor ‘n liggaam van ‘n man wat in die rivier gesien is , het Gazette bevestig dat geen verdrinkings die afgelope  hier in die onmiddellike omgewing van Parys aangemeld is nie. Daar is ook nie ‘n vermiste persoon by die plaaslike polisiestasie gerapporteer nie.

By navraag oor die plasing is weer ‘n dringende beroep op die publiek gedoen om weg te bly uit riviere in tye van vloedesoos nou gesien word. Moet nooit die krag van water onderskat nie, en moet allermins toelaat dat jou kinders sonder toesig by die rivier of op die rivieroewer beweeg en speel. Onthou dat die vloeitempo van die water bedrieglik is en jy maklik meegesleur kan word.

Wanneer jy wel ‘n ligaam in die water sou opmerk, of iemand in nood in die rivier, moet jy:

  1. Dit onmiddellik aan die SAPD rapporteer
  2.  Gee ‘n duidelik aanduiding van wanneer, hoe laat en waar jy dit gesien het met ‘n ‘pin location’ waar moontlik.
  3. ‘n Beskrywing van die klere van die persoon wat jy gesien het
  4. ‘n Foto of video van wat jy gesien het kan ook die polisie en reddingswerkers help.

Onthou dat daar nou baie opdrifselfs, bome en takke met die vloedwater meegesleur word.

Wanneer ‘n persoon verdrink het, is dit moontlik maar hoogs onwaarskynlik dat jy ‘n ledemaat van die persoon bo die water sal sien.

Wat is die rede?

Wanneer ‘n persoon verdrink sal die liggaam van die oorledene normaalweg gesig na onder dryf. met die ledemate wat na onder hang.  Die liggaam  begin eers sink sodra die lug in die longe met water vervang word. Sodra die liggaam dan gesink het, sal dit onder die water bly totdat bakterieë in die ingewande en borsholte genoeg gas produseer, hetsy metaan, waterstofsulfied en koolstofdioksied om dit soos ‘n ballon na die oppervlak te laat dryf. Die opbou van metaan, waterstofsulfied en ander gasse kan dae of weke neem.

Aanvanklik blaas nie alle dele van die liggaam dieselfde hoeveelheid op nie. Die bolyf wat die meeste bakterieë bevat, blaas meer op as die kop en ledemate.

Liggame wat dood is voordat hulle die water bereik, kan dan ook verskillende dryfpatrone hê.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button