News

Waarskuwing: Moenie kinders alleen by die rivier of rivieroewer laat speel nie

Dit is lewensgevaarlik

Ouers word ernstig gewaarsku om asseblief seker te maak kinders word nie toegelaat om nou alleen na die rivier te gaan nie, of om alleen op die rivieroewer te speel nie. Al lyk dit hoe lekker om in die water op die rivieroewer te speel, is dit ‘n groot risiko.

Dr. Kobus Roux, van Potchefstroom Rampbestuur Vrywilligers het vroeër in die week al die publiek gemaan om asseblief uit die rivier te bly, en nie deur die water te loop nie. Die vloeitempo is bedrieglik vinnig en mag mense meesleur.

Daar is steeds 8 sluise oop by Vaaldam en die rivier se watervlak is  baie hoog. Maak seker jou kinders weet hoe gevaarlik dit is en moet onder geen omstandighede toelaat dat hulle in die water gaan speel of alleen rivier toe gaan nie, nie eens saam met ‘n ouer boetie of sussie nie.

Moenie die krag van water onderskat nie. Wees asseblief versigtig en veilig.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button