News

Daar’s weer skade by dorp se bekende bakenmerk

Hier sal weer reggemaak moet word

Nadat daar in April vanjaar skade was net regs van Parys se bekende hangbrug oor die Vaalrivier, is daar nou weer skade, met water wat die grond onder die pad uitkalwe en laat inval het,

Na die aanvanklike skade in April het ‘n skoolseun van Parys, Brendan Fouché en sy pa, in Julie self ingespring  om hier reg te maak toe die munisipaliteit vir drie maande nie ‘n poging aangewend het om die skade te herstel nie.

Die 14-jarige Brendan wat naby die hangbrug bly, was juis bekommerd dat iemand hier sou seerkry, en het toe stil-stil ‘n verskil gemaak toe hy en sy pa vragte grond ingery het, en die gat ook met sandsakke gevul het.

Die geweldige swaar reën van die afgelope weke en die Vaalrivier se watervlak wat drasties gestyg het met 8 sluise wat ook Sondag by Vaaldam oopgemaak is, het egter veroorsaak dat die grond weer ingeval het.

Die foto hieronder is in April vanjaar geneem toe daar ook skade hier regs van die dorp se hangbrug was.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button