News

Hier kom baie water vandag

Vaaldam trek 8 sluise oop

Die eerste twee sluise by die Vaaldam word nou, vanoggend, Sondag 13 November om 09:00 oopgetrek. Om 10:00 sal nog 2 sluise oopgemaak word, en ‘n verdere twee sluise by Vaaldam om 11:00.

Teen 12:00 sal die sewende sluis dan oopgemaak word, en om 13:00 die agtste sluis. Oewereienaars is vanoggend gewaarsku oor die stygende watervlak met die sluise wat oopgetrek word vir vloedbeheer ter wille van die styging in rivier en damvlakke wat voorsien word weens swaar reën.

Wanneer sluise oopgetrek word by Vaaldam vat dit ongeveer 6 ure vir die water om tot by die Barrage te kom, en dan nog ‘n verdere ongeveer 6 ure voor die effek daarvan in die Vaalrivier by Parys gesien kan word.

Vaaldam is tans 104,89% vol. Sluishekke by Barrage is vroeër in die week ook oopgetrek.

Uitvloei by Bloemhofdam word ook verhoog. Daar is voorsien dat die uitvloei by Bloemhofdam teen 12:00 verhoog sou word na 300 kubieke meter per sekonde en dan na 500 kubieke meter per sekonde teen 16:00

In April vanjaar is die waterskouspel by die Vaaldam ook gesien toe 8 sluise oopgetrek is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button