News

Agt is oop…

Die water kom

Die agtste sluis by Vaaldam is pas om 13:00 oopgetrek, nadat daar vanoggend begin is om stelselmatig vanaf 09:00  sluishekke by die dam oop te trek.

Die foto’s is vanoggend geneem nadat agt sluise by die Vaaldam oopgetrek is. Foto’s verskaf

Oewereienaars is vanoggend vroeg gewaarsku oor die stygende watervlak met die sluise wat oopgetrek word vir vloedbeheer ter wille van die styging in rivier en damvlakke wat voorsien word weens die swaar reën.

Wanneer sluise oopgetrek word by Vaaldam vat dit ongeveer 6 ure vir die water om tot by die Barrage te kom, en dan nog ‘n verdere ongeveer 6 ure voor die effek daarvan in die Vaalrivier by Parys gesien kan word.

Vaaldam is tans 104,89% vol. Sluishekke by Barrage is vroeër in die week ook oopgetrek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button