News

Tiener (16) vertel oor selfoonroof

"Hulle het stadig na my kant toe geloop en dit is toe ek my foon gebruik om vir hulp te bel. Toe ek weer sien is hulle op my en druk my vas op die grond."

Die mans het wel ontsnap en in ‘n nabye veld ingehardloop. ‘n Sekuriteitskamera in ‘n erf in Kortstraat het die roof ook vasgevang. Op die beeldmateriaal kan gehoor word hoe Merelda om hulp skree en dan die mans agterna sit.

Merelda vertel dat sy op pad na haar vriendin in Louwstraat was, toe die roof plaasgevind het.

“Ek het die mans al so twee blokke voor Kortstraat gesien dat hulle my dophou. Hulle het ook na my kant toe beduie en dit het my baie onrustig gemaak. Hulle het stadig na my kant toe geloop en dit is toe ek my foon gebruik om vir hulp te bel. Toe ek weer sien is hulle op my en druk my vas op die grond,” sê Merelda.

Na die mans met haar foon weggekom het, het hierdie graad 10-leerder van Hoër Volkskool Potchefstroom kliphard gegil en agter hul aangehardloop. Op dieselfde tyd was daar ‘n polisievoertuig in die area wat die mans toe ook agterna gesit het. CSS Security was ook op die toneel om bystand te bied.

“Ek het in ‘n tannie se kar geklim, wat gesien dat ek gehardloop het om hul te vang. Ons het toe agter die polisie aangery totdat hulle die foon gekry het. Dit was twee relatiewe jong mans en ek vermoed dat hulle in die area bly omdat een van hulle uit ‘n erf gekom het voor hul my aangeval het,” noem Merelda.

Kyk die video hier:

Sy het ‘n paar skraapmerke en ‘n gekneusde ribbekas na die aanval. Sy het ook ‘n saak by die polisie vir diefstal en aanranding aanhangig gemaak

Related Articles

Back to top button