News

Gevaarlike slaggat kry aandag

Paaie departement help gou

‘n Pluimpie vir die provinsiale paaie departement se James Nkabinde wat binne twee dae nadat ‘n gevaarlike slaggat op die R59 tussen Parys en Vredefort by die Vaal de Grace-ingang gerapporteer is, seker gemaak het dat die slaggat herstel word. Volgens rdl. Saal de Jager het Koos Uys die slaggat Saterdag, 29 Oktober onder sy aandag gebring juis omdat verskeie motoriste hier skade aan hul voertuie gehad het en daar ook al ongelukke juis op die gedeelte van die pad was. Rdl. De Jager het dit aan die paaie departement gerapporteer en Maandag, 31 Oktober is dié slaggat en nog ‘n paar kleintjies deur die paaie departement herstel. Dankie aan Koos wat nie net die slaggat gerapporteer het nie, maar ook saam met ‘n werker die stormwatersloot by die gedeelte van die pad skoongemaak het om seker te maak die pad kry nie weer skade nie.

So het dit gelyk voordat die slaggat reggemaak is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button