News

Ongelooflik…daar gaan hy met die gesteelde kabel

....en dit helder oordag

Kan jy dit glo! Vanmiddag, Woensdag 9 November, net na 15:00, helder oordag, is die sowat 40m lange gesteelde Telkom kabel in Delverstraat af gesleep tot by Grewarlaan.

Was dit nie vir ‘n lid van die publiek wat dit raakgesien het en Security Master geskakel het wat onmiddellik op die oproep gereageer het nie, was die kabel weg.

Foto met erkenning aan Security Master

En toe die man die sekuriteitspersoneel gewaar wat op sy spoor is, het hy die kabel en sy gereedskap neergegooi en laat spaander tussen die riete in waar hy sy klere uitgepluk en vermoedelik in die rivier gespring het. Sekuriteitspersoneel het self ook tussen die eilande na hom gesoek, maar hy was in ‘n oogwink skoonveld.

Die  kabel, die man se klere en gereedskap wat vermoedelik gebruik is om die kabel te sny, is aan die polisie oorhandig.

Kabeldiefstal kos munisipaliteite ‘n aardige bedrag en sorg vir lang ure sonder krag tot inwoners se groot frustrasie.

Asseblief wees bedag hierop. As jy enige verdagte beweging of persoon sou sien aan kragkabels of substasies peuter, iewers sien grou onder verdagte omstandighede, of ooggetuie sou wees van waar kabel weggedra word soos vanmiddag, skakel onmiddellik die polisie of jou sekuriteitsmaatskappy.

Die publiek se oë en ore is nodig om hierdie misdaad die hok te slaan.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button