News

Inbrekers buit bejaardes se Kersfees-bederfpakkies

Ons is platgeslaan maar gaan nie toelaat dat so iets ons onderkry nie,” sê sy.

Inbrekers het oor die naweek by Solidariteit Helpende Hand se streekkantoor in Kempton Park ingebreek en meer as ʼn miljoen rand se voorraad gesteel.
Van die voorraad wat gebuit is, sluit in honderde bederfbokse wat vir bejaardes bedoel was, kos en pryse vir die streek se  gholfdag.
Volgens Mariolette Vorster, Helpende Hand se streeksorganiseerder van die Oos-Rand, het die streek se maatskaplike werker, Charmanay de Klerk, Saterdagmiddag na die kantoor op die hoek van Lily- en Highveldstraat gegaan en gesien dat daar met die hek se elektriese motor gepeuter is. Die
streek se kantoor is ʼn woning met ʼn woonstel wat in ʼn kantoor, stoorplek en opleidingsentrum
omskep is.
“Charmanay het ons plaaslike veiligheidsmaatskappy ontbied en met ʼn veiligheidswag om die huis geloop. Hulle het opgemerk daar is rye voetspore om die huis. Daar was toe nog nie ingebreek nie,” sê Vorster.
De Klerk het die motorhek gesluit en aangesien dit laat Saterdagmiddag was, kon hulle eers reël dat iemand die motor Sondagoggend gaan herstel. De Klerk sê sy het die wag versoek om deur die nag ʼn ogie te hou aangesien sy vermoed het die oortreders sou terugkom.
“Toe ons Sondagoggend daar aankom kon ons dadelik sien iets is fout. Daar het goed die hele tuin vol gelê en die inbrekers het byna al die vensters en diefwering en veiligheidshekke oopgebreek. Hulle het alles waardevol waarop hulle hul hande kon lê gebuit – van ons skenkings, rekenaars,
radio’s en pryse vir ons opkomende gholfdag op 17 November.” ʼn Groot kragopwekker, gereedskap
en grassnyer is ook gesteel.
Vorster hulle het die Kempton Park-polisie ontbied en ʼn saak is aanhangig gemaak. Niemand is nog in verband met die inbraak in hegtenis geneem nie.
Vorster sê die grootste skade, buiten skade aan die huis, is die bokse wat vir 4 830 bejaardes gepak is om hulle vir Kersfees te bederf. ʼn Farmaseutiese maatskappy het talle produkte soos sjampoe en lyfroom geskenk wat met ander lekkernye soos sjokolade opgevul is. “So boks met die al die
produkte werk omtrent op R1 500 ʼn boks uit,” sê Vorster.
Vorster en haar span spook nou hard om te probeer opmaak vir al die skade en om nuwe items vir die bejaardes se bederfpakkies, asook pryse vir die gholfdag, in te samel. “

Related Articles

Back to top button