News
Groot tekort aan bloed
Die Bloedddiens doen weer ‘n beroep op alle bloedskenkers om Dinsdag, 8 November te kom bloed skenk by die Hervormde Kerksaal, Parys h/v Loop/Paulsenstraat tussen 12:00 en 18:00 Jy kan help om ‘n bloedtekort krisis te voorkom. Die Bloeddiens nooi alle skenkers, maar veral nuwe skenkers en skenkers wat nie in die afgelope paar maande geskenk …
Die Bloedddiens doen weer ‘n beroep op alle bloedskenkers om Dinsdag, 8 November te kom bloed skenk by die Hervormde Kerksaal, Parys h/v Loop/Paulsenstraat tussen 12:00 en 18:00
Jy kan help om ‘n bloedtekort krisis te voorkom.
Die Bloeddiens nooi alle skenkers, maar veral nuwe skenkers en skenkers wat nie in die afgelope paar maande geskenk het nie om die mobiele skenkerskliniek te ondersteun.
Om ʼn bloedskenker te word, moet jy:
– Tussen die ouderdom van 16-75 wees
– Meer as 50kg weeg
– Iets voor jou skenking eet
– Gesond wees op die dag van skenking
Skenk bloed. Jou bloed red lewens.