News

So jonk ….so tragies

10-Jarige dogtertjie sterf

‘n Tienjarige meisie van die Schonkenville woonbuurt het Sondagaand tragies in ‘n ongeluk by die vierrigtingkruising reg by die ingang na die Schonkenville-woonbuurt gesterf. Lebohang Majola was ‘n graad 4-leerder van die Schonkenville Intermediêre skool. Die ongeluk het net voor 19:00 op die R723 (Parys/Koppiespad) gebeur toe sy deur ‘n motor raakgery is. Klein Lebohang is op die toneel dood.

Die kruising waar die 10-jarige Lebohang Majola gesterf het.

Sy het verlede jaar in Schonkenville begin skoolgaan. Sy was voorheen ‘n leerder van die Chris van Niekerk skool in Vredefort, het haar tannie Maria, gesê. Lebohang word Saterdag begrawe Sy word oorleef deur haar broers en haar ouers. Die R723 word daagliks deur heelwat voetgangers, veral ook kinders, gebruik wat tussen Schonkenville en Tumahole beweeg.

Wees daarom asseblief bedag op voetgangers wat die pad kruis, veral saans. Ouers is ook gevra om weer hul kinders te leer om baie versigtig te wees wanneer hulle die pad kruis.

* In nog ‘n tragiese ongeluk Saterdagaand, 29 Oktober, is O.J Labuschagne (30), ‘n kranige sportman en ingenieur van Potchefstroom, op die Parys/Potchefstroom-pad by Bufelshoek dood. Hy was van Vanderbijlpark op pad terug na Potchefstroom toe hy vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor het. Hy is op die toneel dood.

Maandagmiddag is vier insittendes van ‘n Toyota Conquest met ‘n Gautengse registrasienommer noodlottig beseer in ‘n botsing op die N1 naby Heuningspruit. Die ongeluk tussen die Conquest en ‘n minibus wat konstruksiewerkers vervoer het, het net voor 17:00 gebeur.Daar was nege insittendes in die minibus, waarvan vier per ambulans na nabygeleë hospitale vervoer is. Die name van die oorledenes was nog nie met Gazette se ter perse gaan bekend nie.

Related Articles

Back to top button