News

Jong ingenieur sterf op Potch-pad

Jong ingenieur sterf op Potch-pad

‘n Motorongeluk op die Parys/Potchefstroom-pad het Saterdagaand, 29 Oktober, die lewe van die 30-jarige O.J Labuschagne ge-eis.

OJ was ‘n kranige sportman en ingenieur van Potchefstroom. Hy was van Vanderbijlpark op pad terug na Potchefstroom toe hy vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor het. Hy is op die toneel dood.

OJ word Vrydag 4 November om 11:00 vanuit die NG gemeente Grimbeekpark begrawe.

Ons innige medelye met sy naasbestaandes.

  • Maandagmiddag is vier insittendes van ‘n Toyota Conquest met ‘n Gautengse registrasienommer ook noodlottig beseer in ‘n botsing op die N1 naby Heuningspruit. Die ongeluk tussen die Conquest en ‘n minibus wat konstruksiewerkers vervoer het, het net voor 17:00 gebeur. Daar was nege insittendes in die minibus, waarvan vier per ambulans na nabygeleë hospitale vervoer is. Die name van die oorledenes was nog nie met Gazette se ter perse gaan bekend nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button