News

Enorme uitdagings met die krag – daar’s nog nie antwoorde nie

Watervoorsiening sal ook geraak word

Enorme uitdagings op die munisipale kragnetwerk en die Eskom-breker wat weer deur Ngwathe uitgeskop is, bring mee dat daar steeds geen antwoorde is oor wanneer kragtoevoer vir Parys herstel sal word nie.

Daar is vanoggend nodige werk by ‘n mini-substasie in Delverstraat gedoen. Kort daarna het daar ‘n brand by ‘n mini-substasie op die h/v Van Coller- en Kortstraat uitgebreek. Maar dit is nie die enigste probleme nie. Daar was reeds oor die naweek en gister ook kragprobleme in die nywerheidsgebied.

Dit tesame met die Eskom-breker wat Ngwathe laat uitskop het, en waarvoor Eskom eers weer die ja-woord sal moet gee om dit aan te skakel, voorspel dit geen goeie nuus nie.

Selfs al sou Eskom weer kragtoevoer herstel na Ngwathe wat die kragreus die derde meeste in die Vrystaat skuld, sal die probleme op die munisipale kragnetwerk waaraan daar gewerk is voor die kragonderbreking, ook nog herstel moet word.

Gevolglik beteken dit ook dat watevoorsiening vir die dorp wat alreeds ‘n enorme uitdaging is, ook baie negatief hierdeur geraak sal word.

  • Gazette het ook reeds ‘n navraag aan Eskom gerig oor die kragkrisis en sal terugvoer geplaas word sodra dit ontvang word.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button