News

Allegretto Eisteddfod beloon sy interprovinsiale uitblinkers op die verhoog

Baie geluk aan hierdie leerders

Uitstaande talent in die kunste is die afgelope naweek tydens die interprovinsiale gala-toekenningsgeleentheid vir die Allegretto Eisteddfod beloon. Deelnemers van die Oos-Vrystaat, Noord-Vrystaat, Gauteng-Oos, Gauteng-Wes, Noordwes en die Vaaldriehoek het die geleentheid bygewoon.
Die deelnemers het vroeër vanjaar aan die onderskeie streeksuitdunne deelgeneem. Tydens die naweek se toekenningsgeleentheid is ook medaljes en trofeë aan die onderskeie interprovinsiale item-wenners en afdeling-wenners oorhandig. Die uitblinkers in die onderskeie kategorieë is na afloop van die geleentheid genooi na die nasionale gala-geleentheid wat 5 November by Hoërskool Bekker gehou word.
Twee leerders van Hoërskool Parys, Kayla Jardim en Megan Daniel, het uitnodigings na die nasionale gala-geleenheid gekry. Kayla het vir een van haar items onder die top 10 geëindig, terwyl Megan as die beste programaankondiger vir die geleentheid aangewys is.

Henk en Mieke Small, Megan Daniel, Diaan en Dregan Brink en Kayla Jardim wat die afgelope naweek by die Allegretto Eisteddfod se interprovinsiale gala-toekenningsaand was waar erkenning gegee is aan die interprovinsiale uitblinkers van dié eisteddfod. Beide Megan en Kayla is na die nasionale gala-geleentheid genooi.
Megan Daniel is as beste programaankondiger aangewys en genooi na die nasionale gala-geleentheid.

Reuben de Jager, Melanie Jooste, Carli de Jager en Mieke Small, almal leerders van Parys Primêre skool, het die naweek se interprovinsiale toekenningsgeleentheid bygewoon waar Reuben en Carli beide erkenning gekry het as item-wenners wat onder die top 10 geëindig het. Carli is ook as nasionale ambassadeur vir 2023 aangewys. Beide Reuben en Carli is na die nasionale gala-geleentheid genooi.

en Mieke Small, almal leerders van Parys Primêre skool, het die naweek se interprovinsiale-toekenningsgeleentheid bygewoon waar beide Reuben en Carli genooi is na die nasionale gala-geleentheid en Carli as nasionale ambassadeur vir 2023 aangewys is.

Miané Roux, ‘n tuisskoolleerder, kon spog met ‘n medalje vir een van haar items wat onder die top 10 in die provinsie was en die trofee as afdeling-wenner. Sy dring ook deur na die nasionale gala-geleentheid waar sy haar item sal opvoer.

iané Roux wat beloon is as item- en afdeling-wenner. Sy is genooi na die nasionale gala-geleentheid waar sy ook haar item sal opvoer.

Nog ‘n tuisskoolleerder, Ewan Stoltz, was die interprovinsiale item-wenner in die kategorie vir Dramatized Poetry. Hy ontvang ook die trofee as afdeling-wenner vir Dramatized Poetry, en was onder die top 10 in twee kategorieë waaraan hy deelgeneem het. Hy behaal die uitmuntende prestasie om ‘n dubbele uitnodiging na die nasionale gala-geleentheid te ontvang.

wan Stoltz het ‘n dubbele uitnodiging na die nasionale gala-geleentheid as item- en afdelingwenner ontvang.

Allegretto is ‘n nasionale inisiatief wat eisteddfod-uitdunne in al die provinsies hou. Leerders neem aan verskeie kategorieë deel, waaronder drama alle genres, ‘n model-kategorie, musiek en sang alle genres, visuele geletterdheid alle genres en dans alle genres, sê Marius Lourens, self ook ‘n oud-Parysenaar en uitvoerende hoof van die Allegretto Eisteddfod.
Inskrywings vir 2023 open in Februarie met uitdunne wat regdeur die jaar gehou word. Deelnemers skryf aanlyn in by www.allegretto-eisteddfod.co.za

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button