News

Minder bloedskenkers die afgelope jaar in Parys

Jou bloed red lewens.

Parysenaars het Donderdag, 27 Oktober weer geleentheid om tussen 12:00 en 18:00 by die Hervormde kerksaal, h/v Loop- en Paulsenstraat, bloed te skenk.
Die Bloeddiens het tans ‘n bloedtekort en is ‘n dringende beroep op bloedskenkers gedoen om bloed te skenk om ‘n krisis weens ‘n tekort aan bloed te voorkom.

Charlé Janse van Nieuwenhuys gee haar bydrae vir die Bloeddiens. Foto: Verskaf

Daar is tans net 510 skenkers in Parys en bloedskenkings in Parys het oor die afgelope jaar afgeneem, sê die Bloeddiens. Daarom word alle skenkers, veral skenkers wat nie in die afgelope paar maande geskenk het nie, asook nuwe skenkers gevra om asseblief te kom bloed skenk.
Om ‘n bloedskenker te word, moet jy:
– Tussen 16 en 75 jaar oud wees
– Meer as 50kg weeg
– Iets voor jou skenking eet
– Gesond wees op die dag van skenking
Skenk asseblief bloed. Jou bloed red lewens.

Related Articles

Back to top button