News

Liefdesdaad gee jong vrou haar onafhanklikheid terug

Saterdag het sy dié groot geskenk ontvang. ‘n ‘Laat’ verjaardaggeskenk wat haar en haar gesin se lewens verander het.

Danksy die oop harte en hande van mense uit die Parys-gemeenskap, kan Colleen Nel weer gaan ‘stap’. Op haar eie. Onafhanklik rondbeweeg. Selfs kafee toe gaan.
“Hulle het my my onafhanklikheid teruggegee,” gesels dié jong ma wie se been bo die knieg in 2016 geamputeer is. Dit het gevolg nadat sy ‘n bloedklont gekry en komplikasies ontwikkel het omdat sy té lank gewag het om die regte hulp te kry.
As sy terugkyk op die pad wat sy die afgelope paar jaar geloop het, wens sy sy kon mense leer om nooit hul gesondheid te verwaarloos nie, sê sy.

Colleen Nel saam met Petro Serfontein op wie se inisiatief daar uitgereik is. Foto: Verskaf

Hoewel Colleen ‘n rolstoel gehad het waarmee sy oor die weg gekom het, was sy altyd van haar gesin afhanklik wanneer sy moes winkel toe gaan of buite rondbeweeg.
Op 3 September met haar 47ste verjaardag het Petro Serfontein ‘n belofte aan haar gemaak. Sy sal weer vrylik kan rondbeweeg.
Danksy Petro se inisiatief het verskeie mense gehelp om ‘n ander rolstoel te kon verander sodat dit battery aangedrewe sou wees, en Colleen daarmee makliker oor die weg sou kom.
Verlede Saterdag het sy dié groot geskenk ontvang. ‘n ‘Laat’ verjaardaggeskenk wat haar en haar gesin se lewens verander het.

Related Articles

Back to top button