News

Boeties se tromspel sorg vir plek in SA-span vir internasionale skouspel

'n UItmuntende prestasie vir dié twee Parys-leerders

Jadon (15) en Rudo Smit (11) het by die finale rondte van die South African Championships of Performing Arts (SACOPA) in die afdeling vir instrumente (tromme) behoorlik uitgeblink.
Hulle het albei nasionale kleure verwerf om Suid-Afrika volgende jaar in Los Angeles by die internasionale skouspel te verteenwoordig. Jadon het twee goue- en twee silwermedaljes vir sy vier items verdien, en kleinboet Rudo het drie goud en een silwer, asook die trofee vir die beste seunsdeelnemer in sy ouderdomskategorie vir alle instrumente, verower.

SACOPA is deel van ‘n internasionale kompetisie, die World Championships of Performing Arts (oftewel WCOPA) wat gesien word as die Olimpiese Spele van die uitvoerende kunste. Vanjaar was die algehele wenner in Los Angeles, waar meer as 70 lande deelneem, toevallig ook ‘n tromspeler van Suid-Afrika, die 18-jarige Caleb Bediako.

Related Articles

Back to top button