News

Rowers laai myntoerusting en laat waai

Polisie vra publiek se hulp

Die polisie in Viljoensdrift soek na ses verdagtes in verband met ‘n besigheidsroof by ‘n myn in die Viljoensdrift-omgewing

Die ses gewapende rowers het met ‘n bakkie en klein vragmotor by die myn opgedaag  op Sondag 9 Oktober en toe na bewering die sekuriteitswagte  oorrompel, vasgebind en hul vuurwapens afgeneem.

Nadat die wagte oorrompel is, het die rowers  myntoerusting ter waarde van ongeveer R20 000 op die vragmotor gelaai. Hulle het ook ‘n dieseltenk-sleepwa van die myn agter hul bakkie gehaak en toe die pad gevat.

Die polisie kon tot dusver nie daarin slaag om die verdagtes vas te trek nie, en word die publiek gevra wat enige inligting sou hê wat kan help met die arrestasie van die verdagtes, om knst. Stephen Litseo van die Viljoensdrif-speurtak te skakel by 016 974 6267 of 082 301 3033. Anonieme wenke kan ook na die MySAPS selfoontoepassing gestuur word het sers. Mahlomola Kareli, woordvoerder van die polisie in die Fezile Dabi distrik gesê

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button