News

Vyf op heterdaad betrap met gesteelde vee

Polisielede verdien 'n pluimpie

Vyf vermeende veediewe het vanoggend, Donderdag 29 September hul rieme styf vasgeloop danksy die vinnige optrede van die Maokeng Misdaadvoorkomingseenheid en lede van die  Openbare Orde Polisie Taakspan, wat hulle op heterdaad betrap het waar hul besig was om gesteelde vee op ‘n sleepwa te laai.

By nadere ondersoek is vasgestel dat die vee op ‘n plaas langs die R76, tussen Kroonstad en Viljoenskroon gesteel is.

Die polisie het die vee ter waarde van na raming R37 500  teruggekry.

Die vyf verdagtes is tussen die ouderdom van 28 en 47 het sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder vir die Feile Dabi-distrik gesê. Sy sê hulle verskyn môre, Vrydag 30 Sepember, voor die hof.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button