News

Tweede damwal het nie gebreek nie

Reddingspanne monitor nog skoonmaakproses

‘n Tweede damwal het nie by die Jagersfontein-myn gebreek nie.

Die strome water wat Dinsdagaand gesien is,  was as gevolg van  ‘n dam wat oorgeloop het ná reën die afgelope tyd in die Jagersfontein-gebied geval het.  Die dam is agter die slikdam  waarvan die wal op 11 September gebreek het.

Daar is ook reeds vanoggend (Woensdag 28 September) begin om  dreineringspype wat verstop was op die mynterrein, oop te maak, en is rampbestuurspanne steeds daar om die skoonmaak ná die vroeëre ramp te monitor. Twee mense word ook  steeds vermis.

Toe die dam  Dinsdagaand begin oorloop het, en water oor die R706 gestroom  en met die slik wat reeds daar lê gemeng het, het mense paniekerig begin raak uit vrees dat dit ‘n herhaling kon wees van die ramp  wat vroeër hier gesien is.

Na meer as twee weke is grondverskuiwingstoerusting steeds besig om skoon te maak ná die slikvloed van 11 September wat  huise platgevee en verwoesting gesaai het veral in Charlesville. Die slikmodder is baie dig en versmoor plant- en waterlewe.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button