News

Braaf die Boerboel bult óók nou spiere

Braaf die Boerboel, die breinkind van Boerboel Wear, is ʼn splinternuwe held. Hy is soos Super Man, maar in kakie geklee. Braaf gaan binnekort met skouermantel en al kragte met Solidariteit Helpende Hand saamsnoer om na kinders se welstand en toekoms om te sien. Helpende Hand, Boerboel Wear en Lekker Luister het pas die Braaf-projek …

Braaf die Boerboel, die breinkind van Boerboel Wear, is ʼn splinternuwe held. Hy is soos
Super Man, maar in kakie geklee. Braaf gaan binnekort met skouermantel en al kragte met
Solidariteit Helpende Hand saamsnoer om na kinders se welstand en toekoms om te sien.
Helpende Hand, Boerboel Wear en Lekker Luister het pas die Braaf-projek bekend gemaak
waarin Braaf die hoofrol speel.
René Roux, Helpende Hand se adjunk- uitvoerende hoof van kommunikasie, sê dié projek
word aangebied saam met Helpende Hand se Tassieprojek wat jaarliks sorg dat talle
hulpbehoewende graadeens met ʼn ten volle toegeruste skooltassie hul skoolloopbaan kan
begin. Die hoofdoel van die Braaf-projek is om vir kinders te leer dat dit nie net belangrik is
om braaf te wees nie, maar noodsaaklik.
“Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar
meeste van alles dat dit braaf is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is
nie. Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ʼn gesindheid van
welwillendheid by ons kinders te kweek,” sê Roux.
Die Tassieprojek is een van Helpende Hand se vlagskipprojekte, en dit sit sedert 2007 ʼn
tassie, toegerus met hoëgehalteskryfbehoeftes, in hulpbehoewende graadeentjies se hand.
Die totale koste van ʼn tassie is R350.
Boerboel Wear het reeds R40 000 ten bate van hierdie projek geskenk. Daarmee kan ons
115 behoeftige kinders in 2023 toerus met ʼn skooltas propvol skryfbehoeftes. Die
maatskappy daag graag ander Afrikaanse besighede uit om ook die hand in eie boesem te
steek en ʼn weldaad te betoon. Kom maak ʼn tasbare verskil aan ons kinders se toekoms.
“Boerboel Wear se humoristiese reklame, stuitige tannies, aanskoulike, gespierde modelle
en Jan Jan Jan, Suid-Afrika se eie ‘Boere-boy band’, vermaak die publiek al vir ʼn paar jaar.
Die handelsmerk moes egter met groot hartseer in Julie 2021 die afsterwe van tant Kotie
aankondig en in Julie vanjaar het Boerboel Wear vir tant Matie gegroet, aangesien sy ander
loopbaangeleenthede gaan nastreef. Beide die Jan Jan Jan-lede en Boerboel Wear wens vir
tant Matie die allerbeste toe met haar nuwe toekomsdrome. Hou egter Boerboel se sosiale
media aanstaande jaar dop wanneer ʼn opwindende soektog na nuwe ‘Boerboel-tannies’ sal
afskop. Die ‘stuitige tannies’-konsep kry vir eers die trekpas en die fokus skuif nou na ons
kinders se welstand en toekoms,” sê Stephan Hugo, bemarkingsbestuurder en mede-
eienaar van Boerboel Wear.

Boerboel Wear se jong ondersteuners kan boonop daarna uitsien om Braaf die Boerboel en
Helpende Hand se Piet Tande, die tandemuis, in 2023 te ontmoet. Die twee ysters sal van
Januarie 2023 af deur die land toer om bewusmaking te skep oor hoe “braaf-wees” ʼn
gesonde gees en liggaam kan kweek.
Boerboel Wear sal 2022 op ʼn hoë noot afsluit met ʼn splinternuwe enkelsnit van Jan Jan Jan
genaamd “Braaf soos ʼn Boerboel”. Daarmee wil hulle verdere bewusmaking skep van die
Braaf-projek en groter momentum daaraan gee. Tesame met Jan Jan Jan se enkelsnit sal
Lekker Luister Braaf se inspirerende storie vertel en die oorsprong van sy naam
bekendmaak.
Lekker Luister is die konsep van twee mammas, Christelle Webb-Joubert, RSG-
radiopersoonlikheid, en Juanita de Villiers, Getroud met rugby-aktrise, wat uit persoonlike
ervaring ʼn geleentheid gesien het om ʼn platform te skep waar kinders die wonderwêreld van
stories in ons moedertaal kan ontdek. Hou die sosialemediaplatforms dop en laai intussen
vir jou kleinspan die Lekker Luister-toepassing af. Daar wag reeds meer as sewentig
oorspronklike stories wat bedtyd, speeltyd en die langpad soveel lekkerder sal maak deur
die wonder van luister.
Met nuwe “Tannies” en nuwe “Tassies” op pad, is Boerboel Wear opgewonde oor al die
nuwe geleenthede wat 2023 inhou en bly die maatskappy se strewe om harte te raak, van
jonk tot oud. Vir meer inligting of om betrokke te raak, besoek www.tassie.co.za.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button