News

Stadsaal sal as tydelike hof ingerig word

In die voorlopige verslag is die ingangsarea. voorportaal, hoogeregshof en kinderhof as veilig vir die publiek verklaar.

Na ‘n vergadering met talle rolspelers van die Departement van Justisie, Potchefstroom Howe, Nasionale Vervolgingsgesag en die Potchefstroom Tlokwe Prokureursvereniging, is daar ooreengekom dat die Potchefstroom Stadsaal, onder andere opsies, tydelik as ‘n hof ingerig sal word.

Dit volg nadat ‘n gedeelte van die dak bokant die kontantstoor van die Potchefstroom Landdroshof op Maandag, 19 September inmekaar gesak het.

Tydens hierdie vergadering op Donderdag, 22 September is die voorlopige veiligheidsverslag bekend gemaak waar daar aangedui is dat die hooggeregshof, kinderhof sowel as die ingang en voorportaal gebruik mag word en veilig verklaar is.

‘n Gedeelte van die hof is nog as onveilig verklaar en sake moes hierdie week op onkonvensionele manier buite die hof op die sypadjie uitgestel word, terwyl die hof nog vir die publiek gesluit is.

‘n Skematiese voorstelling van die hof en die veilige en onveilige areas in die verslag.
Lig blou is as veilig verklaar, rooi – onveilig en groen is waar dit steeds onveilig is hangende die ondersoek. Bruin is waar daar tans opknappings verrig word.

In die voorlopige verslag rakende die toestand van die dak en algehele veiligheid van die gebou wat aan die Departement van Openbare Werke uitgereik is, is ‘n gedeelte as veilig vir die publiek verklaar.

Dit sluit in die ingangsportaal en sekuriteitsarea, openbare toilette, hysbakgebied, hooggeregshof en die kinderhof. Dit is veilig verklaar omrede die betondakblad en metaaldakplate aan die suidekant van die gebou nog in ‘n goeie toestand is.

Die Potchefstroom Landdroshof se dak wat Maandagmiddag (19 September) inmekaar gesak het.

Die volgende areas word tans as onveilig beskou, hangende die  die ingenieurs se terreinondersoek en wat hulle bevindinge is.

Hierdie areas sluit die volgende in:

ï‚· Strafhof A en onmiddellike omliggende kantore

ï‚· Strafhof B en onmiddellike omliggende kantore

ï‚· Streekhof 1 en onmiddellike omliggende kantore

ï‚· Streekhof 2 en onmiddellike omliggende kantore

ï‚· Jeughof en onmiddellike omliggende kantore

ï‚· Hoofgang tussen hierdie hofsale

ï‚· Toilette in hierdie areas.

In verband met hofspasie word daar tans ‘n paar moontlikhede oorweeg. Streekshowe sal moontlik een week in ‘n maand die geleentheid hê om verhore te hou. Daar word tans gekyk dat streekhowe se krimele sake waar persone in hegtenis geneem is na Ventersdorp Hof vir eers oorgeskuif word. Dit is sodat die selle gebruik kan word. Vervoer sal ook vir getuies verskaf word om die sake by die woon.

Die Potchefstroom Landdroshof. ‘n Gedeelte van die hof (hooggeregshof en kinderhof) is as veilig verklaar. Foto: Wouter Pienaar.

Munisipale geboue en mobiele howe is ook na gekyk as moontlike tydelike howe.

Die Potchefstroom landdroshof is tans met opknapping aan die tweede vloer besig as deel van ‘n Herstel- en Opknappingsprojek wat die Departement van Openbare Werke ge-oormerk het.

Een van die groot kommerpunte was die daklekkasies en die skade wat aan die gebou daarvolgens verrig is.

Daar is spesifiek verwys na dakteëls wat gebreek is en die skade wat die reën en weer op die struktuur van die dak met tyd veroorsaak het. Die projek is uiteindelik op tender geplaas en aan ‘n kontrakteur, wat tans op die terrein is, toegeken.

Daar word tans opknapping aan die tweede vloer van die multi-verdieping gedeelte sowel as die twee mees noordelike hofkamers, naamlik stafhofkamer C en die Siviele hof, uitgevoer.

Related Articles

Back to top button