Ongelukskade groot: Hier moet dringend na stoptekens, padmerke gekyk word
Dit skep 'n ernstige gevaar
‘n Motorongeluk vanoggend by die kruising van Schilbach- en Van der Hovenstraat het weer die aandag gevestig op die ernstige gevaar wat die gebrek aan stoptekens, en skaars sigbare padmerke vir motoriste in die dorp inhou.
Die ongeluk was knap na die oggend se spitsverkeer wanneer talle ouers juis hierdie pad ry om skoolkinders af te laai.
Aan beide kante in Van der Hovenstraat is daar nie ‘n stopteken meer nie en padmerke erg verbleik.
Die Mazda bakkie wat in die ongeluk was is deur ‘n steen omheiningsmuur by die kruising, terwyl die Kia voertuig in die leivoor tot stilstand gekom het.
Nie een van die insittendes is ernstig beseer nie, maar het Gazette al male sonder tal gewaarsku oor die gevaar met stoptekens en padmerke wat nie deur die Ngwathe munisipaliteit instand gehou word nie.