News

Daggasmous probeer polisielede omkoop toe hy besef hy’s vas

Die vinnige optrede van lede van die Maokeng Misdaadvoorkomingseenheid, saam met lede van Sasolburgse Openbare Orde taakspan het gelei tot die arrestasie van twee verdagtes vir die handel in dagga ter waarde van meer as R500 000 Volgens sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder vir die Fezile Dabi-distrik, het die lede inligting opgevolg wat van die gemeenskap …

Die vinnige optrede van lede van die Maokeng Misdaadvoorkomingseenheid, saam met lede van Sasolburgse Openbare Orde taakspan het gelei tot die arrestasie van twee verdagtes vir die handel in dagga ter waarde van meer as R500 000

Volgens sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder vir die Fezile Dabi-distrik, het die lede inligting opgevolg wat van die gemeenskap gekry is, en is ‘n 49-jarige uitlander met die sakke dagga en ‘n onbekende bedrag geld gekry.

Daarna is nog ‘n huis in Seeisoville besoek waar ‘n 24-jarige man gekry is met dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R30 000 asook ‘n onbekende bedrag geld. Toe die man besef hy is vas, het hy  probeer om die polisielede met die geld om te koop, en is hy deur die lede gearresteer vir omkopery en handeldryf in dagga.

Beide verdagtes sal Maandag in die Kroonstadse landdroshof verskyn

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button