News

Dit sukkel met die water ook in Potchefstroom

Munisipaliteit versoek dat beurtkrag afgelas word om watervlakke te verhoog

Die Departement van Waterwese en Sanitasie het vandag voorsiening aan die watersuiweringsaanleg aansienlik verhoog om die waterkrisis te verbeter.

Watervoorsiening in die geaffekteerde areas in Potchefstroom behoort teen Vrydagmiddag ‘n groot verbetering te toon as al die maatreëls suksesvol geimplimenteer word.

Die waarnemende munisipale bestuurder van die JB Marks Munisipaliteit, Sandile Tyatya, het aan Eskom ‘n versoek gerig om beurtkrag vir die volgende 24 uur af te skaf sodat die Vyfhoek reservoirs gevul kan word.

Die Departement van Waterwese en Sanitasie het vandag voorsiening aan die watersuiweringsaanleg aansienlik verhoog om die waterkrisis in (Vanderhoffpark, Bailliepark, Vyfhoek, De Land, Tuscany Ridge) te verbeter.

Volgens DA wyksraadslid, Anné van Onselen, het die JB Marks Munisipaliteit ook na slegs na 1 van die 3 Vyfhoek reservoirs water gepomp om maksimum kapasiteit in ‘n kort tydjie te bewerkstellig

“Sodra die een reservoir se water op ‘n aanvaarbare vlak is om die verbruik te kan akkommodeer, sal die proses omgeruil word sodat die ander 2 vol kan tap.”

Ian de Villiers, raadslid van die VF Plus, noem dat water vroeër vandag weer by Boskopdam losgelaat is om die vlakke by die suiweringsaanleg te korrigeer.

“Waterwese het vir die interim ook lewering aan die landbougemeenskap skerp verminder ten einde die waterkrisis vinniger opgelos te kry,” staaf hy.

Hy vertel ook dat een van die oorsake van die watertekort ‘n direkte verband met beurtkrag toon aangesien die een kragopwekker wat die pomp dryf wat by Lakeside Dam na die suiweringswerke pomp, ook stukkend is.

Tegnici was teen 17:00 besig om te werk aan hierdie probleem.

“Daar kom bloot tans te min water by die suiweringswerke in. Die waarnemende munisipale bestuurder (Sandile Tyatya) het vir Eskom gevra om die waterwerke te isoleer tydens kragonderbrekings. Ons sal ons beywer daarvoor om die kragopwekker-kapasiteit te vergroot, ten einde onsself te verskans teen meer intense kragonderbrekings, asook enige ander maatreëls wat mag help,” noem hy.

“Ons versoek alle inwoners om ‘n monumentale saamstaan-poging saam met ons aan te wend en so min as moontlik water te gebruik totdat die probleem heeltemal opgelos is,” voer hy aan.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button