News

Hou Jou Blommekroon Styf Vas

Tuindag keer terug op Sondag 9 Oktober

 

 

Maak die tuin nat, snoei die struike, en begin solank beplan aan die partytjiespyskaart. Tuindag 2022 vind op Sondag die 9de Oktober plaas, en ons wil alle Suid-Afrikaners uitnooi om dit saam met ons te vier en te spog met hul pragtige groen ruimtes.

 

Jou tuin kan enige grootte of styl wees – of jy nou omring is deur ’n oorvloed monstera deliciosa op ‘n nederige vensterbank of ’n boomdigte wildernis besit – almal word genooi om deel te neem.

 

Word gereed vir feesvier

 

Kom ons begin by die begin. Dit is ’n vereiste dat almal ’n blommekroon dra, aangesien dit die amptelike simbool van Tuindag is. So word kreatief en maak jou eie kroon, sodra dit klaar is kan jy hulde aan jou tuin bring deur familie en vriende oor te nooi vir ’n heerlike feesviering. ’n Skattejag, rustige braai, pronkerige teeparty, skemerkelkies op die balkon of ’n luilekker piekniek… kies wat ookal jou hart bly maak. Al wat ons vra is dat jy jou blommekroon trots vertoon en jou feesvieringe met ons deel deur #GardenDaySA te tag.

 

Kom in voeling met jou gemeenskap

 

Suid Afrikaners is almal te gewoond aan stygende kospryse en daarom plaas Tuindag fokus op gemeenskaps-tuinprojekte en prys hulle vir die werksgeleenthede wat hulle skep en die kos wat hulle teen billike pryse aan plaaslike inwoners verskaf. Hierdie jaar werk ons saam met ’n verskeidenheid gemeenskapstuine, waar jy kan gaan inloer om jou weeklikse vars groente te koop asook ’n pragtige blommekroon. Jou bestanddele kan dan sommer onmiddellik in jou spesiale, (stedelike) plaas-tot-tafel, Tuindag-middagete geniet word.

 

Nog ’n manier om ’n saadjie in jou gemeenskap te plant is om aan te sluit by die nuwe Tuindag-vereniging, waar mense met groen vingers en ’n passie vir hul buurt aangemoedig word om die gees van Tuindag te versprei deur ’n groot feesviering in hul area te reël en soveel gaste te nooi as wat moontlik is.

 

Lede van die Tuindag-vereniging kry toegang tot eksklusiewe voordele, insluitende ’n gedrukte Tuindag plakkaat en ’n unieke geskenk vir elke 50 mense wat inteken. Stuur asseblief ’n epos na info@gardenday.co.za om meer uit te vind oor hoe jy betrokke kan raak.

 

Idees om jou tuin (feesvieringe) te help groei

 

Indien jy enige blink idees of groenvinger-inspirasie benodig, besoek die handige webwerf tuindag.co.za <https://zaf01.safelinks.protection.outlook.com/?url=https%3A%2F%2Fscanmail.trustwave.com%2F%3Fc%3D20371%26d%3D7-2h46HdZ1qUMDXJdQT562UJQJBGZTSJeQPzIJFY2w%26u%3Dhttps%253a%252f%252fgardenday.co.za%252f&data=05%7C01%7Cliezl.scheepers%40mooivaalmedia.co.za%7C945a00ff06844b63dc0d08da9662bf77%7C10dc7c9659764601882c9ac7c2870ecc%7C0%7C0%7C637987648124920635%7CUnknown%7CTWFpbGZsb3d8eyJWIjoiMC4wLjAwMDAiLCJQIjoiV2luMzIiLCJBTiI6Ik1haWwiLCJXVCI6Mn0%3D%7C3000%7C%7C%7C&sdata=2Fhx1RiTuz2VC9JqgdWnNPuFZ2r9vqbBVqaThU8kD5M%3D&reserved=0> waar jy alles sal vind wat nodig is om ’n asemrowende, natuurskone dag te beplan – dit sluit in resep-voorstelle, aflaaibare uitnodigings, kunstige idees vir aktiwiteite om met die kinders in die tuin te doen, en vele meer wenke om jou kreatiwiteit te laat blom.

 

Talle plaaslike tuinsentrums, kwekerye, botaniese tuine, plantwinkels, bloemiste, markte, restourante en kafees het almal beloof om Tuindag 2022 te ondersteun deur spesiale nuwe veldtogte aan te bied, met alles van uitstallings tot opwindende kompetisies. Is jou gunsteling-winkel/kuierplek betrokke? Besoek ons webwerf en vind uit. Indien nie, moedig hulle aan om aan boord te spring.

 

Vind inligting, nuusflitse en inspirasie by @GardenDaySA op alle social media platforms. Volg @GardendaySA & #GardenDaySA en deel jou groen-geestige kuier en die wondere van jou tuin deur ons te tag in al jou sosiale media plasings.

Related Articles

Back to top button