News

Kom maak gou jou mini-versameling vol!

Mini's laat viervoet sterte swaai

Sit jy ook met ‘n Checkers mini-versameling halfvol of ‘n paar dubbels wat lĆŖ en stof vergaar? Dan beter jy gou spring – hier’s jou kans om jou versameling vol te maak en boonop ‘n paar sterte by die DBV te laat swaai van blydskap.

Op Dinsdag 6 September, Donderdag 8 September en Vrydag 9 September word daar weer Checkers mini’s geruil by Serfco Animal Feeds agter Welkom-kafee vanaf 14:30 tot 17:00.

Al wat jy moet doen om daardie mini te kry watĀ  kort in jou versameling, is om 1kg hondekos te koopĀ  vir R15 in ruil vir die mini. Die hondekos word aan die Parys DBV geskenk. ‘n Ruiltransaksie wat ‘n groot verskil maak vir ‘n organisasie wat net van skenkings en die goedhartigheid van sakelui en die publiek afhanklik is om sy deure oop te hou.

DiĆ© bakgat plan om die DBV te help is die inisiatief van ‘n graad 10 leerder van HoĆ«rskool Parys, DeandrĆ© Pieterse, wat toe sy in graad 5 was al saam met ma, Monica, met die blink plan vorendag gekom het om Checkers mini’s te ruil vir hondekos vir die DBV.

Mense het toe al fluks mini’s geskenk, mini’s geruil en kort voor lank het DeandrĆ© 1,1 ton hondekos vir die DBV ingesamel.

Toe daar weer vanjaar ‘n splinternuwe Checkers mini-reeks beskikbaar gestel is, het DeandrĆ© op Facebook begin rondvra om te hoor of mense diĆ© keer weer bereid sou wees om mini’s te ruil vir hondekos. Die reaksie was so positief dat sy weer die projek aangepak het.

Uit ‘n 25kg sak hondekos maak syĀ  1kg pakkies hondekos op wat sy dan teen R15 verkoop in ruil vir ‘n mini. Die mini’s het sy bymekaargemaak uit dit wat sy kon kry of ekstras wat mense skenk.

Sy het selfs volledige versamelings van vorige mini-reekse wat mense kan ruil – ‘n mini vir ‘n 1kg hondekos.

Regs is DeandrĆ© Pieterse met haar hondjie Diesl. Sy gebruik haar Checkers mini’s om die DBV te help.Ā 

Haar liefde vir diere sien jy sommer gou as jy kyk na die besondere band tussen haar en haar worshond/Skotse terriƫr reuntjie, Diesl.

Diesl was immers ook die inspirasie vir diƩ jong entrepreneur se eie onderneming, Diesl and Me wat sy sedert 2020 bedryf.

Sy verkoop hondebedjies, leibande, speelgoed en selfs die fraaiste ”klere” vir viervoete. Haar ouma het haar touwys gemaak agter die naaimasjien en eers het sy leer haarrekkies maak. Kort voor lank was sy so vaardig agter die naaimasjien dat sy in ‘n japtrap meeste van die voorraad wat sy op markte en aanlyn verkoop, self kon maak.

Die afgelope twee maande het sy alreeds meer as 300kg se hondekos vir die DBV ingesamel.

‘n Jong entrepreneur wat klein-klein ‘n groot verskil maak.

Gou maak – hierdie week is jou laaste kans om daardie pakkie avo’s, oros, batterye of wat jy ookal kort te kry.

Related Articles

Back to top button