News

Plaas skole en ouers te veel druk op kinders om op sportgebied te presteer?

"Deur dié funksie by te woon, kan jy help om kinders se toekomsdrome te verwesenlik, want finansies moet nooit die rede wees waarom leerders nie aan sport kan deelneem nie,” sê Margolé Riekert, projekorganiseerder van Tekkies en Toks.

Plaas skole en ouers te veel druk op kinders om op sportgebied te presteer?
Vlok Cilliers, Morné Steyn, Henning Gericke en Breyton Paulse sit eersdaags by die Tekkies en Toks-gala-
aand om ʼn tafel om dié kwessie te bespreek.
Die gala-aand en paneelgesprek word deur Solidariteit Helpende Hand in samewerking met die
Vlokskop Stigting aangebied om fondse vir die Tekkies en Toks-projek in te samel. Die doel van dié
projek is om sportskoene vir leerders in te samel wie se ouers dit nie kan bekostig nie.
Die geleentheid word op 28 September om 18:00 by Hoërskool Eldoraigne in Centurion aangebied.
Onderwysers, ouers, afrigters, sakelui en sportliefhebbers word genooi om die geleentheid by te
woon.
Tafels, waarby 10 mense kan sit, is beskikbaar teen R5 000 per tafel en sluit ʼn ete in. Daar sal ook ʼn
kontantkroeg van Buffelsfontein Beesboerdery wees. Die sanger Arno Jordaan gaan by die
geleentheid optree.
“Deur dié funksie by te woon, kan jy help om kinders se toekomsdrome te verwesenlik, want
finansies moet nooit die rede wees waarom leerders nie aan sport kan deelneem nie,” sê Margolé
Riekert, projekorganiseerder van Tekkies en Toks.
Daar is slegs ʼn beperkte aantal tafels beskikbaar. Instansies wat die geleentheid wil borg, of mense
wat ʼn bydrae tot die projek wil maak, kan ʼn e-pos stuur aan margole@helpendehand.co.za.
Besoek gerus www.tekkiesentoks.co.za vir meer inligting oor Tekkies en Toks.

Meer oor die Tekkies en Toks-projek
Solidariteit Helpende Hand, Vlok Cilliers en Morné Steyn het in 2020 kragte saamgesnoer om die
Tekkies en Toks-projek van stapel te stuur. Die projek se doel is om hulpbehoewende leerders
landwyd van sportskoene te voorsien sodat hulle op gelyke vlak met hul spanmaats kan meeding.
“Helpende Hand besef hoe belangrik sport is om kinders op alle vlakke te laat ontwikkel. Sport bied
kinders die geleentheid om fisies gesond te wees, maar ook die geleentheid om emosioneel en
verstandelik te ontwikkel,” sê Margolé Riekert, Helpende Hand se projekorganiseerder van Tekkies
en Toks.

Cilliers verduidelik die idee is gebore uit die talle uitdagings wat die publiek weens die Covid-19-
pandemie ervaar het.
“Mense het hul werke en selfs hul lewens verloor. Met dié projek wil ons poog om saam met ʼn groot
instelling soos Helpende Hand weer hoop te bring. Kinders lê my na aan die hart, en as ons kinders
kan help om beter geleenthede te ontvang, dan moet ons help waar ons kan,” sê Cilliers.
Steyn, die projek se ambassadeur, sê hy is opgewonde en besonder trots om deel van die projek te
wees. “Baie van ons aanvaar dit as vanselfsprekend om elke dag ʼn paar skoene aan te trek en met
tokse op die rugbyveld uit te draf – en dan is daar eintlik soveel mense wat dit net nie kan bekostig
nie. Hiermee wil ons ʼn verskil maak, en ons hoop ons kan die publiek se harte aanraak om ons te
help.”
Steyn sê sport is in Suid-Afrikaners se bloed en op skool word die fondasie gelê vir mense wat dalk ʼn
sportloopbaan wil volg. Daarom is dit belangrik vir Tekkies en Toks om op skoolvlak reeds kinders te
help sodat hulle nie van die geleentheid ontneem word nie.
“As jy ʼn goeie sportman wil wees, maak nie saak watter sport jy wil beoefen nie, is die regte skoene,
en skoene van goeie gehalte, baie belangrik. En almal kan dit nie bekostig nie. Daarom wil ons graag
die jeug so help,” sê hy.

Related Articles

Back to top button