News

“Hy het met voorbedagte rade gekom toe ons rustig was”

Dit was net so vinnig

Saterdagmiddag helder oordag, net na 14:00 het hy gekom. Alleen, goed geklee en sy voertuig reg voor die huis in een van Parys se strate geparkeer.

Hy het al die regte gereedskap gehad om met geweld toegang tot die huis te kry. Eers die tuinhekkie se slot geknip en die meganisme gebuig. Toe die veiligheidshek by die voordeur oopgeforseer. Die voordeur wat gesluit was, oopgekry, maar die veiligheidskettingkie aan die voordeur het verhinder dat die deur heeltemal kon oopgaan. Toe begin hy stamp aan die deur om die ketting af te kry, en met die is die skroewe en hout waaraan die ketting in die deurraam vas was, uitgeruk en het hy letterlik in die voorportaal ingeval.

Die feit dat die egpaar nie op daardie stadium in een vertrek ”verras” kon word nie, en hy moontlik nie daarvoor beplan het nie, het hom dalk ontsenu en het hy die hasepad gekies.

Niks is gesteel nie. Niemand het seergekry nie, maar die skokkende is dat daar met voorbedagte rade met geweld helder oordag toegang tot die huis gekry is.

‘n Egpaar wat rustig en niks vermoedend by die huis was. Alles was gesluit. Hulle het gedink hulle is veilig. Net die alarm was nie geaktiveer nie. Dit was immers helder oordag en hulle was in verskillende dele van die huis.

“Dit was alles net so vinnig”.

Maar uit die ontstellende ervaring Рdeel die egpaar die les wat hulle geleer het. Moet nooit misdadigers onderskat nie. Sluit wat jy kan sluit, hou toe wat jy kan, b̻re waardevolle items veilig, en aktiveer jou alarm te alle tye in die gedeeltes van jou huis waar daar niemand is nie.

Misdadigers is uitgeslape. Hulle ken geen vrees nie. Hulle is voorbereid. Hulle kom met voorbedagte rade.

 

Related Articles

Back to top button