News

Publiek kan stem dik maak oor inhoud van munisipale dienskontrakte

Die publiek het die reg op insae rakende munisipale kontrakte met diensleweraars en die inhoud daarvan en het sodoende ‘n groter impak om moontlike korrupsie en bedrog in die kiem te smoor.

Die publiek het die reg op insae rakende munisipale kontrakte met diensleweraars en die inhoud daarvan en het sodoende ‘n groter impak om moontlike korrupsie en bedrog in die kiem te smoor.

Die Vryheidsfont Plus se provinsiale leier in Noordwes, Michal Groenewald voer aan dat alle munisipale dienskontrakte moet volgens die munisipale wet, vir openbare insae beskikbaar wees.

Hy noem dat die publiek sodoende kan help om bedrog en korrupsie te ontbloot en die algemene verval van munisipaliteite landswyd te voorkom.

“Nie alle munisipaliteite is geneë om hierdie inligting geredelik beskikbaar te stel nie en dit skep die teelaarde vir wanbestuur, korrupsie en bedrog,” meen Groenewald.

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus bevestig munisipale wetgewing bepaal dat die publiek die reg het om toegang te kry tot alle munisipale dienskontrakte. Dit sluit diensleweringsooreenkomste met munisipale verskaffers in.

Groenewald staaf dat die VF Plus die minister hieroor gevra het, ná talle voorvalle landswyd waar munisipaliteite weier om kontrakte en ooreenkomste openbaar te maak.

“Dit geld verál in gevalle waar diensverskaffers ooglopend onderpresteer of projekte half-voltooid agterlaat word nadat hulle reeds hul vergoeding of ʼn deel daarvan ontvang het. Die VF Plus doen ʼn beroep op alle belanghebbende organisasies, sakelui en die publiek landwyd om by munisipaliteite aan te dring op hul reg tot toegang tot dié inligting,” voeg Groenewald by.

Politieke opposisie partye soos die Vryheidsfront Plus speel ook ‘n waghondrol omdat hulle op inligting aandring wat soms self van munisipale raadslede weerhou word.

“Wye openbare aandrang op die besonderhede van kontrakte en ooreenkomste kan ʼn keerpunt bewerkstellig om onreëlmatighede uit te roei. Dit kan bydra om die mag en invloed te breek van diegene wat oor tyd ʼn wurggreep op munisipale hulpbronne ten koste van die publiek verkry het,” stel Groenewald.

ʼn Voorbeeld van burgerlike druk is waar Sakeliga ’n hofaansoek in die hooggeregshof in Polokwane gebring het om die waarnemende munisipale bestuurder van die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit in Limpopo skuldig te laat bevind aan minagting van die hof.

Volgens Sakeliga volg dié aansoek op ’n hofbevel wat op 18 Januarie vanjaar bekom is om die munisipale bestuurder te verplig om inligting ingevolge ʼn Paia-aansoek bekend te maak.

Die VF Plus het ʼn toegewyde e-posadres (Cornetvt@vfplus.org.za) geskep waar inligting deurgegee kan word van gevalle waar inligting weerhou word.

https://potchefstroomherald.co.za/112691/publiek-kan-stem-dik-maak-oor-inhoud-van-munisipale-dienskontrakte/

Related Articles

Back to top button