News

Hier by die Rooidam word ‘n verskil gemaak!

Kyk net wat kan gedoen word

Vanoggend word daar slaggate toegemaak in Derdelaan. Die inisiatief van inowners in die Rooidam-omgewing wat self besluit het – hier gaan ons regmaak.

Die teer is gekoop deur drs Johan en Brigitta Wessels wat 50 sakke teer gegee het, en AfriForum wat toe nog 50 sakke teer geskenk het. Drs Johan en Brigitta het ook die arbeid betaal en gee Dirk Kotze sy tyd om toesig oor die span te hou.

Maar dit is nie al nie.

Ook die damwal by die Rooidam lyk weer netjies danksy die inisitief van dr. Brigitta Wessels van Parys Dierehospitaal, wat met die hulp van werkers en op eie koste hier skoongemaak het. Die Working on Fire-span is gekry om ‘n beheerde brand te maak aan Derdelaan en Wesstraat-kant en agter die dam, terwyl Karien Viljoen haar wa geleen het om die vullis en takke weg te ry.

Ander inwoners in die omgewing waaronder Anida Kotze, Karien, Desré Smit, Susan van Tonder en Carl van Breda, help al die afgelope twee jaar om die damwal aan hulle kant by die bokant van Uniestraat en die h/v Unie- en Derdelaar op eie koste skoon te hou.

In Maart vanjaar is daar geënspireer deur die Summer Sun meenthuiskompleks wat begin skoonmaak het oorkant die kompleks ook begin met operasie skoonmaak in Allenbystraat. Parys Dierehospitaal het ‘n Allenby Straat WhatsApp groep begin, en is die sand en grond wat oor Allenbystraat gelê het, verwyder. Die gemors is daar gelos nadat die munisipaliteit hier ‘n waterlek herstel het.

Die gras is gesny, onkruid gespuit, en het die Dierehospitaal met die hulp van die AfriDome en In Vitro ook 200 sakke teer gekoop en slaggate en die sloot oor die pad reggemaak wat ook nooit deur die munisipaliteit herstel is nadat hier gewerk is. Ander individue in Allenbystraat het gehelp om die sypaadjie en vore skoon te kry.

Wys jou net wat kan gedoen word, wanneer ‘n gemeenskap self begin om ‘n verskil te maak.

Dankie vir elkeen wat in die omgewing help skoonmaak en regmaak, en ook hulle wie per abuis dalk nie genoem is in die artikel nie – ons opregte dank.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button