News

Skoolmaats kuier saam ná 20 jaar

Suum cuique!

Twintig jaar gelede het hulle as die 2002-matriekklas van Hoërskool Parys by die skoolhekke uitgestap. Maar die afgelope naweek was hierdie matrieks terug by hul alma mater om hul skooldae en herinneringe ná 20 jaar te herleef. Daar is van heinde en ver gekom vir die saamkuier – selfs die Wes-Kaap en KwaZulu Natal was nie te ver om te ry nie, want ’n naweek soos dié mis jy nie. Selfs oud-onderwysers het tyd gemaak om saam te kuier.
“Dit was hoendervleis-lekker om weer in die getroue ‘Bluebird’ – die skool se kanniedood-skoolbus – deur Parys se strate te kon ry, en die skoollied in die skoolsaal te kon sing. “

Die 2002-matriekklas het twee Karee-bome aan die skool geskenk – ‘n immergroen boom wat wind-en-weerbestand is. Die simboliek spreek vanself.

Die groep het ’n spesiale dankie aan mnre Lucien van Zyl Snr en Jnr gerig, asook Juffrouens Andrea en Anita Greyling en elkeen wat die dag besonders kosbaar gemaak het.

*Alumni/skool-ondersteuners van Hoërskool Parys kan gerus die skakel https://tinyurl.com/parysalumni volg

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button