News

Nasionale Voortrekker-toekenning vir 2 van Parys

Baie geluk aan hierdie leerders

Twee graad 12-leerders van Hoërskool Parys, en lid van die Parys Voortrekkerkommando, Anné Kruger en Kaylyn Vertenten, het hul Nasionale Presidentsverkenner-toekennings verwerf.
Lede van die Voortrekkers in graad 12 kan slegs dié prestige toekenning verwerf nadat hulle aan sekere vereistes voldoen het om aan die Presidentsverkenner proses te kan deelneem. Dit sluit in die bywoning van ‘n sekere aantal gebiedskampe, die suksesvolle voltooiing van ‘n sekere aantal spesialisasies en take, goeie getuigskrifte van die skool, kerk en Voortrekkerkommando, en ‘n vereiste aantal jare diens in die Voortrekkers.

Tweedens, die slaag van die Nasionale Presidentsverkenner teoretiese eksamen, en derdens die suksesvolle voltooiing van die Nasionale Presidentsverkenner afrondingskamp.

Related Articles

Back to top button