News

‘n Hele R20 000 ryker toe die balle val

En die wenner is..

Baie geluk aan Kerneels Steyn wat ‘n hele R20 000 ryker is ná The Great Ball Drop wat deur Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum aangebied is as fondsinsamelingsprojek.

Die opwinding was groot toe die sak balle  met die hulp van ‘n hyskraan stiptelik om 14:00 vanmiddag (Saterdag 27 Augustus), uit die lug laat val is by All Things Adventure by Stonehenge Parys.

En die bal naaste aan die vlag het behoort aan Kerneels.

Baie geluk en dankie aan elkeen wat die fondsinsameling ondersteun het.

Related Articles

Back to top button