News

Hier was goeie raad en wenke vir tuiniers

Daar is baie geleer die dag, praktiese voorbeelde gegee om te onthou, en kon elke tuinier ‘n hele paar wenke en geskenke huis toe neem om met nuwe ywer te gaan tuinmaak.

Bloeisels en nuwe uitloopsels roep die koms van die lente in ons tuine ná die winterkoue se amberkleurspel van herfsblare wat hul tapyte rojaal op grasperke en sypaadjies gegooi het. ‘n Tyd waarvoor tuiniers opgewonde gewag het om weer die grond tussen hul vingers te voel.

Om skoon te maak, te snoei, te bemes, te plant saam met die ontwaking van die natuur.
Vir hierdie geesdriftige tuiniers was daar Vrydag geleentheid om vrae te vra en waardevolle wenke te kry by die kundiges met ‘n tuindboudag wat deur Hinterland aangebied is. En vrae was daar baie.

Tuinboukundige Welma Jurgens van Phalaborwa, was een van die sprekers wat raad gehad vir van hoe jy jou vrugtebome snoei, tot hoe grond gevoed moet word om weer die gras aan die groei te kry by dooie kolle.
Daar is gesels oor onkruiddoders en die samestelling van kunsmis wat prakties verduidelik is om die werking daarvan te verstaan. Ook hoe gereeld, en hoe jy dit moet toedien. Die verskil tussen chemiese en organiese voedingstowwe vir jou tuin, en waarom jy versigtig moet wees om nie jou gras té kort te sny nie.
Hoe jy weet wanneer gifstowwe nie meer gebruik kan word nie, en watter produkte die tuinier kan gebruik om sy/haar tuin en plante optimale sorg te gee.
Daar is baie geleer die dag, praktiese voorbeelde gegee om te onthou, en kon elke tuinier ‘n hele paar wenke en geskenke huis toe neem om met nuwe ywer te gaan tuinmaak.

Related Articles

Back to top button