News

Save Ngwathe: Rural en Pionier kom sê oor dispute

Die drukgroep, Save Ngwathe, hou hierdie Saterdag, 27 Augustus om 09:30 vir 10:00 ‘n massavergadering by die AfriDome, waar die private kragvoorsiener, Rural Free State (Pty) Ltd, Pionier wat gemoeid is met watervoorsiening en ‘n span van die Mafube munisipaliteit meer inligting sal gee oor dispuutverklarings. Save Ngwathe is ‘n nie-politiese, nie-winsgewende sambreelorganisasie wat inwoners …

Die drukgroep, Save Ngwathe, hou hierdie Saterdag, 27 Augustus om 09:30 vir 10:00 ‘n massavergadering by die AfriDome, waar die private kragvoorsiener, Rural Free State (Pty) Ltd, Pionier wat gemoeid is met watervoorsiening en ‘n span van die Mafube munisipaliteit meer inligting sal gee oor dispuutverklarings.
Save Ngwathe is ‘n nie-politiese, nie-winsgewende sambreelorganisasie wat inwoners van al vyf die Ngwathe dorpe (Vredefort, Koppies, Heilbron, Edeville en Parys) insluit.
Hul langtermyn visie is om belastingbetalers ‘n sê te gee in volgehoue en kwaliteit lewering van basiese munisipale dienste soos krag- en watervoorsiening.
Rural is ‘n private elektrisiteitsverspreider wat plaaslike elektrisiteits infrastruktuur onderhou en bestuur soos wat tans die geval is by die Mafube Plaaslike Munisipaliteit. Die Mafube munisipaliteit sluit die dorpe Frankfort, Villiers, Tweeling en Cornelia in.
In Mafube se geval is die Mafube Besigheidsforum gestig as drukgroep wat ‘n waghond-funksie ten opsigte van diensverskaffers verrig. Save Ngwathe beoog om as drukgroep dié rol in Ngwathe te vervul, en ondersoek tans moontlikhede rondom dienslewering, eerstens ten opsigte van kragvoorsiening geskoei op die sukses wat Rural in Mafube behaal het.
Die bestuurspan van Save Ngwathe is Karien du Plessis Viljoen, Pierre Britz, Barry Hamman, Hajira Yacoob, Juan du Toit, Gerhard Swanepoel, Hennie Hattingh en Sandra Uys.
Mense kan steeds lidmaatskapvorms vir Save Ngwathe invul wat beskikbaar is by onder meer Security Master, National Roadhouse, Plum Tree, The Local Choice Pharmacy, Blom Boutique en Provision.
Let egter daarop dat Save Ngwathe nie ‘n klagteforum is nie, maar ‘n WhatsApp nommer, SMS-nommer en e-posadres beskikbaar het waar mense diensleweringsprobleme kan rapporteer en ‘n verwysingsnommer sal kry. Sodra probleme opgelos is, kan jy ook hier terugvoer gee. Die doel is om ‘n dienslewering databasis vir die organisasie op te bou.
Die e-posadres is: faults@savengwathe.co.za
WhatsApp: 076 581 1201
SMS: 44119

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button