News

Grafte weer sigbaar ná skoonmaak

As jy jou tuinwerker beskikbaar wil stel om te help skoonmaak, ‘n werker wil borg vir ‘n dag, of dalk self by die projek wil betrokke raak, skakel Braam by 072 779 4079.

‘n Merkwaardige verskil kan reeds in ‘n deel van die ou begraafplaas gesien word nadat die Ngwathe Warriors Vrydag begin het om rondom 60 grafte skoon te maak.
Die begraafplaas word nie onderhou nie en is die toegegroeide en verwaarloosde toestand daarvan ‘n groot hartseer vir hulle wie se geliefdes hier begrawe is. Daar sou Maandag met die skoonmaaksie voortgegaan word. Dit danksy ‘n borgskap, terwyl Vrydag se aksie deur Braam Cilliers moontlik gemaak is.

Só het dit gelyk.

Só lyk dit nou 

AfriForum en vrywilligers in die gemeenskap het voorheen ook al gehelp om die begraafplaas skoon te maak. Aksies soos hierdie is egter net moontlik as die gemeenskap met bydraes help. As jy jou tuinwerker beskikbaar wil stel om te help skoonmaak, ‘n werker wil borg vir ‘n dag, of dalk self by die projek wil betrokke raak, skakel Braam by 072 779 4079.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button