News

Avontuur, modder en aksie

Moenie All Things Adventure dié naweek by Stonehenge net buite Parys misloop nie

Jy hoef nie ver te ry om te soek na avontuur en ‘n dag vol pret vir die hele gesin nie. Die baie gewilde All Things Adventure is terug ná twee jaar se pandemie-grendels en beloof dié naweek selfs nog meer as voorheen vir die buitelewe avonturier.
Die pret begin reeds Vrydagaand, 26 Augustus met ‘n lekker dans en kaartjies het gou uitverkoop. Saterdag, 27 Augustus open die hekke by Stonehenge reeds om 08:00. Bring die hele gesin en kom kyk na 73 uitstallers en stalletjies met van alles en nog wat vir die avontuur en buitelewe geesdriftige, geniet ‘n wyn en kunsuitstalling met ses kunstenaars in die hoofgebou, en vele lekkernye van pannekoek tot watertand Meksikaanse geregte wat te koop aangebied sal word. Honger en dors gaan jy beslis nie huis toe gaan nie! Daar is ‘n bergfietsren uitdaging, motorfiets vernufbaan waar jy jou vaardigheid kan wys, ‘n uitdagende 4 x 4 baan, geleentheid om die Vaal se water op ‘n kajak aan te durf, ‘n vlieghengel demonstrasie, die kroning van Mnr. en Mej. All Things Adventure, en hope meer pret en avontuur asook verskeie kunstenaars wat vanaf 12:00 sal optree. Toegang is slegs R80 per volwassene vir die hele dag se vermaak, R40 vir kinders 6-12 jaar, en kinders onder ses jaar het gratis toegang. Pensioenarisse betaal R50 toegang. Sondag, 28 Augustus word die feestelikheid afgesluit met ‘n gratis Gospel-geleentheid 10:00-13:00 by Egweni saam met Chris Else en ander kunstenaars.

Related Articles

Back to top button