News

Sasol dra R3 miljoen by vir herstel van R57

Die bydrae is in lyn met Sasol se verbintenis tot veiligheid.

Sasol het R3 miljoen bygedra vir die opgradering en herstel van slaggate op die R57.

Die bydrae is in lyn met Sasol se verbintenis tot veiligheid.

Die maatskappy sê in ‘n verklaring dat die R57 net een van baie padveiligheidsprojekte is waarin hy belê het. In die afgelope jaar alleen, het Sasol meer as R8 miljoen bygedra tot die herstel en opgradering van die paaie infrastruktuur in Sasolburg, Zamdela en omliggende gebied.

Sasol het in ‘n verklaring by monde van Rightwell Laxa, senior vise-president van Sasolburg en Ekandustria Operasionale Werke, die hoop uitgespreek dat deur die verbetering van die paaie infrastruktuur in Sasolburg, daar só bygedra kan word tot die veiligheid van beide sy werknemers en gemeenskappe wat van die paaie gebruik maak.

Sasol sê voorts dat hy investeer in projekte wat ‘n betekenisvolle impak op gemeenskappe het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button