News

Kranse Maandag gelê vir kinders wat hul lewe verloor het in skooltragedie

Slagoffers was almal dogtertjies

‘n Spesiale kranslegging word môremiddag, Maandag 22 Augustus om 16:30 op die skoolterrein van die Laerskool Vyfhoek gehou vir die vyf kinders wat verlede week tragies gesterf het toe ‘n vragmotor deur die skoolheining gebars, en op die skool se parkeerterrein tot stilstand gekom het. Die skool is regs langs die N12.

Die vragmotorbestuurder het aan die oorkant van die pad beheer oor die voertuig verloor toe ‘n band na wat vermoed word, gebars het. Die ongeluk was net nadat die skool Donderdagmiddag 18 Augustus uitgekom het, en baie kinders nog gewag het vir hul vervoer huis toe.

Die kinders wat in die ongeluk gesterf het, was tussen 7 en 12 jaar oud en almal dogtertjies. Vier kinders is ook tydens die ongeluk beseer van wie een reeds ontslaan is. Die ander drie kinders se toestand is steeds kritiek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button