News

Polisie soek na nog een ná roof by sakeonderneming

Vier verdagtes gearresteer

Vier verdagtes, onder wie twee buitelandse burgers, ‘n werknemer en ‘n vriend  is deur die polisie in Viljoenskroon in hegtenis geneem op  ná ‘n rooftog by ‘n sakeonderneming.

Na bewering was die 46-jarige winkeleienaar en sy werknemers Dinsdagmiddag in die winkel besig toe ‘n man eers die winkel binnegestap het, gevolg deur nog drie van sy makkers.

Een van die verdagtes het die klaer gegryp en hom forseer om op die grond te gaan lê. ‘n Onbekende bedrag geld en sigarette is gevat, en het die verdagtes te voet van die toneel gevlug.

Lede van Viljoenskroon Misdaadvoorkoming en speurtak-lede, het met die hulp van die gemeenskap drie van die verdagtes vasgetrek by van die huise agter die winkel. Verdere ondersoek het ook gelei tot die arrestasie van ‘n vroulike werknemer van die winkel.

DIe verdagtes is tussen die ouerdom van 22 en 41 jaar.

Nog een verdagte is soek, het sers. Joseph Rani, polisiewoordvoerder in die Fezile Dabi-distrik bevestig.

Die verdagtes wat gearresteer is sal Vrydag 19 Augustus voor die hof verskyn.

 

Related Articles

Back to top button