News

Skaak-aande in Parys – kom speel saam

As jy kan skaak speel en die spel geniet – kom speel dan Woendagaande vanaf 18:00 saam by Lekker Bistro in Parys se hoofstraat. Spelers, nie net plaaslik nie, maar ook van buurdorpe, kom dan hier bymekaar om sosiaal teen mekaar te speel. As jy belangstel om saam te speel, stuur gerus ‘n boodskap na …

As jy kan skaak speel en die spel geniet – kom speel dan Woendagaande vanaf 18:00 saam by Lekker Bistro in Parys se hoofstraat. Spelers, nie net plaaslik nie, maar ook van buurdorpe, kom dan hier bymekaar om sosiaal teen mekaar te speel.
As jy belangstel om saam te speel, stuur gerus ‘n boodskap na Danny Botes by 071 341 8482, sodat jy by die WhatsApp-skaakgroep ingesluit kan word. Op die groep word weekliks kommunikasie oor die Woensdagaand se spel gedeel, en is dit makliker om op hierdie manier seker te maak genoeg tafels word bespreek vir spelers wat die Woensdagaand kom speel.
Daar is geen koste nie. Bring net jou eie bord en skaakstukke, en kom geniet die aand saam met ander wat ook die spel geniet.
Die spelers is nie verbonde aan ‘n klub nie, en speel nie wedstryde nie. Dit is bloot om die spel te geniet, en geleentheid te gee om teen ander spelers te speel.
Die groep speel al vir baie lank op Woensdagaande en het vroeër by Pickled Pig gespeel.
Danny vertel dat hy self op skool al leer skaak speel het, en later in die negentigerjare by die Johannesburgse biblioteek gekyk het wanneer spelers daar bymekaar gekom het om te speel.
Die kommentaar wat hy op hul skuiwe gemaak het, het die spelers gou laat besef dat Danny die spel ken en het hulle hom aangemoedig om te begin afrig.
Só het dit gekom dat Danny vir jare skaak by skole in Alberton en selfs ook in Vanderbijlpark, afgerig het. Skaak is ‘n spel wat soveel voordele inhou vir kinders, gesels Danny, en nooi hy ook skoolkinders wat kan speel en die afgelope twee jaar nie geleentheid gehad het om teen ander te speel nie, om hul skaakborde te bring.

Related Articles

Back to top button