News

Juavan geopereer ná ernstige rugbybesering sy rugbyloopbaan beeïndig

"Só groot is God se genade"

Soos soveel keer tevore het die twee broers Juavan en Dean,  Saterdag 6 Augustus  saam op die rugbyveld uitgedraf vir Hoër Volkskool se eerstespan. Dié keer op hul tuisveld teen Hoërskool Centurion. Maar skaars 13 minute ná die afskop, is Juavan ernstig beseer toe hy drie nekwerwels gebreek, en een geskuif het. Die 17-jarige Juavan Prinsloo, ‘n graad 11 leerder van Hoërskool Volkskool , wie se ouers in Parys woon, sal nooit weer kan rugby speel nie.

Hy is tans in die teater in die Tshepong-staatshospitaal in Klerksdorp waar hy geopereer word om sy nek te stabiliseer, en behoort hy teen 20:00 uit die teater te wees, het sy pa, Rudi, Snyder, gesê.

Maar al wag daar nou ‘n baie lang pad op herstel vir dié jongman, was God se genade so groot dat Juavan nie verlam is nie, sê Rudi.

Juavan het sy nek ernstig beseer toe hy n opponent geduik en ‘n stamp teen die kop gekry het. Tydens die operasie sou die werwels weer reg belyn en skroewe en plate ingesit word.

Juavan se biologiese pa is oorlede toe hy nog baie klein was. Vir Rudi, en ma, Michelle is die seuns hul alles, en hoor jy die dankbaarheid in ‘n ouerhart oor die genade wat Juavan gekry het, wanneer Rudi vanuit die hospitaal gesels terwyl hul wag vir Juavan om uit die teater te kom.

Van kleintyd af speel die seuns rugby, en om die broers saam in die eerste span te kon sien speel, langs mekaar op die veld, was baie spesiaal vir die gesin. Iets wat jy nie aldag sien nie, sê Rudi.

Links is Juavan en Dean langs mekaar op die rugbyveld in die Hoër Volkskool se eerste span rugbytruie

Die 19-jarige Dean het verlede jaar Cravenweek gespeel, en was daar ook groot verwagtinge vir Juavan, wat ‘n briljante senter op die veld was.

In die afgelope paar dae was dit geloof en die ‘amazing’ ondersteuning van mense wat die gesin deurgedra het. Mense wat ons nie eens ken nie, het ons ondersteun, bygedra en bemoedig, vertel Rudi. DIe gesin is die afgelope bykans twee jaar in Parys gevestig.

Vir Juavan gaan die herstel en rehabilitasieproses ‘n baie lang pad wees. ‘n Pad wat hulle met geloof en dankbaarheid stap.

Rudi het almal wat saam met die gesin bid bedank, en sê hulle waardeer al die hulp wat hulle ontvang.

Mense wat graag ‘n bydrae wil maak om die gesin te help met Juavan se rehabilitasie en ander mediese kostes kan die volgende rekeningbesonderhede gebruik. 

FNB/RMB

Rekeninghouer: *Golfgo (pty)ltd

Rekeningtipe: Gold Business Account

Rekeningnommer: 62930839529

Takkode: 250655

Jauvan Prinsloo (17) ‘n eerstespan rugbyspeler van Volkies het drie nekwerwels in ‘n rugbybesering gebreek. Foto: Verskaf

 

Related Articles

Back to top button