News

Solidariteit help met skenking vir bejaardes

Taklede dien as Helpende Hand se hande en voete in die gemeenskap

Die plaaslike tak van Solidariteit Helpende Hand het verlede week uitgereik na bejaardes met ‘n skenking van doeke wat aan Sally Martin Park oorhandig is.
Meer oor Solidariteit Helpende Hand:
Solidariteit Helpende Hand is ‘n selfstandige organisasie binne die groter Solidariteit-groep wat daarna streef om sterk, selfstandige gemeenskappe te bou.
Hulle bied verskeie nasionale projekte aan wat gemik is op kleuters, skoliere, gesinne, bejaardes en gestremdes. Dit word aangevul met projekte deur vrywilliger-takke.
Taklede dien as Helpende Hand se hande en voete in die gemeenskap. Behoeftes in die gemeenskap word só geïdentifiseer, en dan deur die tak aangespreek waar moontlik.
Al wat jy hoef te doen om die werk van Solidariteit Helpende Hand moontlik te maak om op soveel maniere ‘n verskil in die gemeenskap te maak, is om so min as R50 per maand by te dra. As jy meer oor die organisasie wil weet en hoe jy betrokke kan raak, skakel Matty Last by 072 267 9758.

Related Articles

Back to top button