News

Só loop Eskom se pad met Maluti-a-Phofung

Die verwagting is dat die ooreenkoms teen einde Augustus vanjaar geteken sal wees.

Eskom is tans besig met ‘n proses om ‘n vennootskapsooreenkoms met die Vrystaatse munisipaliteit, Maluti-a-Phofung, te sluit. Die ooreenkoms, sodra dit geteken is, sal behels dat Eskom dan die direkte diensverskaffer aan verbruikers in dié munisipaliteit sal wees wat dan self die kragnetwerk se instandhouding, bedryf en inkomste invordering sal doen, en nie meer die munisipaliteit nie.
Die verwagting is dat die ooreenkoms teen einde Augustus vanjaar geteken sal wees.
Maluti-a-Phofung sluit die dorpe Harrismith, Kestell, Phuthaditjhaba en QwaQwa in.
Soos met die Ngwathe munisipaliteit voer Eskom al vir jare ‘n stryd met die munisipaliteit weens wanbetaling wat al verskeie kere in die hof gaan draai het.
Die proses van openbare deelname en betrokkenheid van belanghebbende partye word nou gevolg, waarna die verspreidingsooreenkoms, nadat alle aspekte oorweeg is, deur Eskom en die munisipaliteit onderteken moet word.

Related Articles

Back to top button