News

Munisipale bestuurder Vrydag weer voor die hof

Die Valke het die saak ondersoek waarop Mothamaha homself op 2 Augustus oorgegee het aan die Valke ondersoekbeamptes, het kapt. Singo gesĂȘ.

Die munisipale bestuurder van die Maluti A Phofung Plaaslike Munisipaliteit, die 49-jarige Futhuli Patrick Mothamaha, sal Vrydag 5 Augustus weer voor die landdroshof in Phuthaditjhaba verskyn vir ‘n formele borgaansoek. Hy bly tot dan in aanhouding, het Valke-woordvoerder, kapt. Christopher Singo, gesĂȘ. Mothamaha is aangekla vir bedrog, korrupsie, vervalsing en oortreding van die Munisipale FinansiĂ«le Bestuurswet.

Na bewering het Mothamaha in 2020 goedkeuring gegee vir ‘n sekuriteitsmaatskappy om sekuriteitsdienste te lewer sonder dat ‘n tenderkennisgewing hiervoor geadverteer is. Senior beamptes van die munisipaliteit het glo in verskeie briewe hom aangeraai om die tender te adverteer maar is dit steeds nie gedoen nie. ‘n Beraamde bedrag van R58 miljoen is onregmatig oor ‘n periode van 2 jaar betaal aan die maatskappy Kill Crime Security.

Die Valke het die saak ondersoek waarop Mothamaha homself op 2 Augustus oorgegee het aan die Valke ondersoekbeamptes, het kapt. Singo gesĂȘ.

Mothamaha se mede-beskuldigdes wat direkteure in die sekuriteitsmaatskappy is, Thabio Sekosana (55) en Dimakatso Christine Sekosana (29) het vroeër al borgtog van R150 000 elk gekry. Hulle sal weer op 30 September voor die hof verskyn.

 

Related Articles

Back to top button