News

Nee, moenie ingooi nie – wag tot môre!

Jy kan nou bietjie spaar

As jy kan, is dit wys om nie voor middernag vandag brandstof in te gooi nie.

Die brandstofprys daal om middernag en sal van Woensdag 3 Augustus R1,32 per liter goedkoper wees vir 95-oktaan sowel as 93-oktaan petrol. Diesel se prys daal met 88c per liter (9,05% swael) en 91c per liter (0,005% swael). DIt is die grootste prysdaling sedert Mei.

Die regering se tydelike brandstofverligting van 75c per liter eindig ook vandag, Dinsdag 2 Augustus, net so kort voor die brandstofprysverlaging.

Dit beteken motoriste kon amper R2 ‘n liter gespaar het as die tydelike verligting voortgesit is.

 

 

Related Articles

Back to top button