CommunityCompetitionsLocal newsNewsSport

Duiwe vlieg ‘n opwindende sport

'n Duif is 'n besonderse dier.

Vir meeste mense is die duif net ‘n allerdaagse voël wat vroegoggend al begin koer. Maar vir die wat deelneem aan vlugwedrenne, is die duif ‘n besonderse dier.

Danie Maree boer en vlieg al met duiwe vir 12 jaar. Hy het ook in sy heel eerste resies die plaaslike wedvlugklub se kompetisie gewen.

“Om met duiwe te vlieg is ‘n tydrowende maar tog belonende stokperdjie. Duiwe kan verskeie siektes kry en soms ook luise en parasiete soos enige ander dier.”

Danie verduidelik om met duiwe in kompetisie te kan vlieg, moet die duiwe eers geleer word. Duiwe word eers naby hulle hokke geoefen, todat hulle fiks is voordat hulle begin met oefenvlugte. Elke duif kry ‘n ringetjie om sy poot. Elke jaar se duiwe se ringetjie se kleur verskil.

“By die ingang van elke hok, is daar ‘n antenna wat die ringetjie van die duif optel. Dit is ook hoe die duif se vlugtyd gekontroleer word.”

Danie vertel dat wanneer dit tyd is vir kompetisies, die duiwe die vorige aand gehok word. Al die hokke word dan op een trok gelaai, wat die duiwe na die afsetpunt vervoer. Wanner dit tyd is vir die wedloop om te begin, word al die hokke gelyk oopgetek.

“Wanneer die wind en weer te sleg is, word die duiwe net losgelaat nie. Duiwe kan wye draaie vat en baie moeg raak as gevolg van sterk wind.”

Wanneer die duif dan na sy vlug by sy hok kom, tel die antenna sy ringetjie op en word sy tyd deur ‘n klein masjientjie opgeneem. Die spanne kontroleer dan met mekaar om te sien wie se duif die beste tyd gemaak het.

“Duiwe wat in kompetisies vlieg, moet baie fiks wees. Een manier hoe mens weet die duif is fiks, is om na die been net onder sy bors te kyk.”

Danie sê ook die duiwe kom in ‘n roetine in en sommige van hulle word lief vir hulle eienaars.

Danie en een van sy duiwe.

Related Articles

Back to top button